Onder vier oë: Inspirasie vir ’n nasie | Beeld

Sipho "Hotstix" Mabuse
Sipho “Hotstix” Mabuse

Op ’n dag verlede jaar het die musikant Sipho (Hotstix) Mabuse verby die hoërskool naby sy huis in Soweto gery. ’n Bord het sy aandag getrek: Skryf in vir gr. 12.

Daar en dan het hy omgedraai en by die Peter Lengene-onderwyssentrum vir volwassenes gaan aanmeld, want dit het altyd gehaper dat hy nooit sy skoolloopbaan voltooi het nie.

“Toe alles vir my as musikant begin gebeur het, het ek vergeet dat ek ’n skolier was,” vertel Mabuse (60) in sy huis in die buurt Pimville. Hy is toegewikkel in ’n mus en warm top met ’n logo van Nelson Mandela-dag op, sy oë groot agter die swartraambril.

“Skielik was daar al die matriekdanspartytjies waarop ons opgetree het. Ons was die gemeenskap se helde.”

Maar verlede Vrydag kon hy uiteindelik nóg ’n prestasie agter al sy musieksukses skryf.

Matriek.

via Onder vier oë: Inspirasie vir ’n nasie | Beeld.

Onder vier oë: Inspirasie vir ’n nasie [PDF]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s